Thursday 10 May 2018

Saturday 14 April 2012

Die verwarring van oudio captchas

Ek het al by 'n paar geleentheide probeer om rekeninge oop te maak by internetdienste en sosiale netwerke. By hierdie dienste word daar dan gewoonlik van jou gevra om 'n sogenaamde captcha in te vul om darem te kan wys jy is 'n mens en nie 'n webspinnekop of 'n rekenaarprogram wat gemorspos oor die netwerk gaan versprei nie. Vir diegene van ons wat nie hierdie captcha kan sien nie is daar darem ook voorsiening gemaak met 'n oudioweergawe van die captcha. Maar die groot vangplek is dan weer dat hulle jou met so 'n klomp woorde belaai dat jy self nie weet watter een is dan nou die regte een nie.
Hoekom moet hulle dit juis so doen? Sal dit nie eerder beter wees om slegs die toepaslike woorde te verskaf wat jy moet invul nie? dit sal die eienaars van die sosiale netwerke sowel as die potensiële nuwe gebruikers daarvan heelwat moeite spaar.

Tuesday 17 January 2012

Gedagtes van 'n vaalseun

Hier sit ek vanaand op die laaste aand voor ek weer moet teruggaan na my werk en dink weer terug aan 'n aangename vakansie wat so pas verby is. Desembervakansies is altyd vir my spesiaal omdat ek dit baie geniet om op die plaas te kan kuier en die natuur en stilte te kan ervaar.
Glo my, dis voorwaar 'n groot voorreg om soiets as deel van jou lewe te kan hê.